BOSVELDSTREEK, PRETORIA NEEM AFSKEID VAN RIA DU PREEZ

BOSVELDSTREEK, PRETORIA NEEM AFSKEID VAN RIA DU PREEZ

Ria du Preez

Na 15 jaar diens, het die personeel en van ons lede vir Ria gegroet op Vrydag 13 April 2018. Ria het by die EAV (SA) Pretoria kantoor begin op 13 Oktober 2003 toe sy oorgeneem by Irene Ferreira wat destyds met pensioen is. Irene en Mnr Fanie Steyn het aanvanklik saam die kantoor begin en beman, totdat hy het sowat ‘n jaar voor haar met pensioen gegaan het.

Sedertdien het Ria stelselmatig haar stempel afgedruk en was sy ‘n raak-vatter in alles opsigte van die funksionering van die EAV (SA). Saam met haar mede-kollegas, Rika Nel en later Julie Lerm het hulle ‘n gedugte span gevorm wat die hartklop van die kantoor was met hoofsaaklik die skakelbord funksie om inbellers te help of deur te skakel na personeellid wat kan help. So ook vir die werwing van nuwe lede, en om lede en nie-lede te help met verkoop van dokumente, Departement van Arbeid registrasies en hernuwings. Hierdie is maar net ‘n geringe deel van take wat sy verrig het, vele meer kantoor administrasie funksies kan ook nog genoem word.

Ria was veral bekend en bemind vir haar lekker kos en het met die inisiatief begin om tydens die Pretoria Takvergadering en kursusse self kos te maak en nie van ‘n buite-spysenier gebruik te maak nie. So het sy en mede-kollega Rika Nel altyd gesorg vir die voorbereiding van kursus en vergadering bywoners se etes en verversings.

‘n Nuwe seisoen het nou aangebreek vir Ria op 66 jaar. Sy gaan nou inskakel by ‘n familiebesigheid wat geleë is op Slurry, tussen Mafiking en Zeerust in Noordwes provinsie.

Ria, die personeel en lede van die Bosveldstreek wens jou voorspoed en seën toe vir die nuwe uitdaging in jou lewe.  Ons weet verseker dat jy ook daar jou stempel gaan afdruk.

Ons gaan jou mis en sien uit na jou kuiers in Pretoria! Mooi loop kollega!

Random Posts